'n Vuur Wat Ons Almal Saambind
Veldbrand Radio is in 2023 gestig in Clocolan in die Oos-Vrystaat en word deur Veldbrand Media – die uitgewer van 140 plaaslike digitale koerante regoor Suid-Afrika besit. Die stasie saai 24 uur, 365 dae per jaar uit en is uit en uit trots Suid-Afrikaans. Die stasie geniet egter ook ‘n groeiende luistertal buite ons landsgrense. Die stasie beywer hom vir die bevordering van plaaslike musiek en inhoud wat aanklank by Suid-Afrikaners vind. Die stasie saai ook internasionale programme soos Country Legends Jukebox en The 90’s en 00’s show uit wat deur miljoene wereldwyd geluister word.
Plaaslik
Ons vertel die stories van ons mense en ons dorpe, elke dag.
Musiek
Van boeremusiek tot hedendaagse treffers — altyd Afrikaans in die hart.
Gemeenskap
Veldbrand is meer as 'n stasie — dit is 'n plek waar luisteraars saam behoort.
“Dis mos radio.”
Ontmoet Ons Omroepers.

Rozanne Myburgh
Koffie met Rozanne
Rozanne Myburgh is ’n trotse Vrystaat-meisie met ’n groot hart vir mense, ’n onblusbare liefde vir musiek en ’n spontane skeut humor. Haar program, Koffie met Rozanne, is die perfekte kuierplek waar musiek en goeie geselskap bymekaarkom. Sy glo daaraan om radio persoonlik te maak en wil hê elke luisteraar moet voel asof hulle saam met ’n goeie vriend kuier. Wanneer sy nie agter die mikrofoon inskakel om mense se dae op te beur nie, leef sy haar passie uit as die eienaar en swemjuffrou van haar eie swemskool, Born2Swim. Rozanne is ’n egte mense-mens wat energie kry uit interaksie met ander — of dit nou in die swembad, voor die gehoor as seremoniemeester (MC), of saam met jou oor die luggolwe is!

Koos Rosslee
Bakgat Kuier met Koos
Koos Rosslee is ’n veteraan-musiekliefhebber wat reeds sedert 1983 sy stempel in die radiowêreld afdruk (onder andere by Radio Tempe en Radio Sesotho). Na ’n ryk loopbaan in die motorbedryf en entrepreneurskap, leef hy sedert Februarie 2023 sy ware passie voltyds uit hier op Veldbrand Radio. As omroeper en gesoute MC bring Koos ’n unieke Vrystaatse gasvryheid en hope bakgat-musiek na jou luidsprekers!

Charl Brittz
KLETS EN KLANK
Ek is Charl Brittz, die stem agter KLETS EN KLANK.By my was daar nog altyd 'n radio aan in die huis, en daardie lewenslange passie het uiteindelik my roeping geword. Ná 'n ryk loopbaan wat gestrek het van die Weerburo en Trustbank tot in die verkopewêreld, geniet ek nou my aftrede in Bloemfontein (na 'n heerlike 40 jaar in Bethlehem). Uitsaai is my groot bederf en ek nooi jou uit om elke Woensdagaand tussen 19:00 en 21:00 saam met my te kom kuier. Ons gaan lekker klets, goeie musiek luister en die week in styl breek!

Cyril Viljoen
Die Cyril show
Cyril Viljoen is ’n Suid-Afrikaanse radio-aanbieder met meer as ’n dekade se ervaring in die radiobedryf. Hy is veral bekend vir sy jarelange betrokkenheid by OFM, waar hy onder meer At Lunch, OFM Nights en die OFM Top 10 at 10 aangebied het. Cyril het deur sy loopbaan ’n besondere passie vir mense, stories, musiek en die Afrikaanse taal ontwikkel. In 2022 het hy die eerste aanbieder van OFM Stasie2 geword, ’n aanlynstasie wat op Afrikaanse musiek fokus. Vandag is Cyril deel van die span by Radio Veldbrand, waar hy sy ervaring en liefde vir radio voortbou. Met sy natuurlike geselsstyl en passie vir mense en stories bly hy ’n herkenbare stem in Afrikaanse radio.

Andy Melville
Retrovibes met Andy
Ontmoet vir Andy Melville. Gebore in Ficksburg en met ’n ryk sake-agtergrond as Divisiebestuurder in die FMCG-omgewing, bring hy ’n unieke energie na Veldbrand Radio. As die stem agter Retro Vibes (Maandae 19:00 - 21:00), deel hy sy liefde vir goeie musiek en nostalgie met sy luisteraars. Hy is ’n ware fynproewer van die lewe: hy is ’n kreatiewe Cajon-bouer, ’n kampvuur-gitaris, en ’n kranige sportskiet-entoesias. Hy bring daardie selfde passie na die groter gemeenskap en is beskikbaar om jou volgende event of buite-uitsending te hanteer.

Jay Dean
Country Legends Jukebox
CLASSIC COUNTRY NEVER SOUNDED SO GOOD. Join radio host Jay Dean every weekday to soothe your soul with classics from George Jones, Hank Williams, Merle Haggard, Conway Twitty, Patsy Cline and more on his show Country Legends Jukebox.

Ben Coetzee
The Alternative Mixtape
Ek het begin by SAWV radio en het daar die naam Alternative Mixtape vir die eerste keer gebruik. Die Alternative Mixtape was toe 'n rukkie lank op radio Sonskyn, toe veldbrandradio, kort rukkie op The Rocking Crew, Mielie fm en nou weer veldbrandradio. Ek het in klomp bands gespeel in my jonger dae, maar geniet radio meeste.

Paul Burger
The South African Music Show
The South African Music Show proudly features South African music. On the crest of such an exciting and rapidly changing SA music scene, the podcast aims to contribute towards a positive international perception of South Africa by encouraging more people to listen to South African music. South Africa is alive with local music that has global potential.

Gerhard Olivier
Naweek vermaak
Dis ‘n voorreg om van die begin af deel van Veldbrand Radio te wees. Eers as stasie bestuurder en nou later as ‘n produksie bestuurder vir inhoud. Ek is verantwoordelik vir die samestelling van naweek programme wat van Vrydae aande 23:00 tot Sondae 19:00 gespeel word. Dans in Afrikaans, Saterdag Braai mix, Dance Club music, 90’s club en Dis Gospel is van die programme wat ek saamstel. Die uitdaging in die begin het nou ‘n naweek plesier geword en ek is dankbaar om deel van die fenomale span by Veldbrand Radio te wees.
